Buy Tickets

Corlea, Nia-nell & Monique

Date: Sunday, 9 August 2020 - Sunday, 9 August 2020 2020-08-09 19:00:00 2020-08-09 21:00:00 Africa/Johannesburg Corlea, Nia-nell & Monique Corlea, Nia-nell & Monique Kliek op hierdie skakel Corlea, Nia-nell & Monique tickets@plankton.mobi

Price: R 50.00 - R 100.00

Venue: Kliek op hierdie skakel View map

  • Doors open: 19:00
  • Show Starts: 19:00
  • Show Ends: 21:00

About this event:Ons word almal gedurende COVID-19 geaffekteer met groot uitdagings, maar op 9 Augustus vier Hier Staan Ons die vroue wat elke dag seker maak dat ons gesond en veilig bly. Ons vier die mamma’s wat juffrou by die huis moet speel, die vroulike personeel in hospitale en spreekkamers wat hulle eie gesondheid op die spel plaas, ons dink aan die vroue wat sopkombuise begin en kos voorsien aan die wat dit nie kan bekostig nie en met hierdie konsert vier ons saam met jou die krag en liefde van elke Suid-Afrikaanse vrou.

Hier Staan Ons stel bekend: VROUEDAG-KONSERT met Nianell, Corlea Botha en Monique Steyn

Bederf jou vriendin, eggenoot, ma, ouma, sussie of selfs jou kollegas met hierdie unieke vertoning. Dit maak nie saak waar in die wêreld hulle bly nie, hierdie konsert word op 9 Augustus digitaal uitgesaai en ons maak vir ‘n derde keer geskiedenis wanneer die beeld op die vooraansig van die Voortrekkermonument geprojekteer word.

Die FAK het onlangs as deel van sy Geskiedenisfonds ’n omvattende hulpprogram ter ondersteuning van Afrikanermonumente bekendgestel om hulle finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker. Die Voortrekkermonument in Pretoria is een van die instellings op die FAK se prioriteitslys. Weens die verlies aan toerisme-inkomste omrede die nasionale staat van inperking is dié instelling een van die plekke wat moontlik sy deure kan sluit.

Kaartjies kos slegs R60 en met dié kaartjie kan jy en jou hele gesin saam na die konsert vanuit julle sitkamer kyk of waar julle ’n vleisie op die kole braai. Maak seker dat jy hierdie geskiedkundige geleentheid kan ervaar, koop nou jou kaartjie!

#Winskopie Jy het ook ‘n opsie om R100 te betaal en sodoende toegang te verkry tot die volgende 2 aanlyn konserte:

9 Augustus: Vrouedagkonsert saam met Nianell, Corlea Botha en Monique Steyn
13 September: Jannie Moolman sing klassiek

Indien jy nie toegang tot Facebook het nie of vir enige ander navrae stuur asseblief so spoedig moontlik ’n e-pos na info@hierstaanons.co.za

Ticket Type Amount Price per ticket Sub Total
Kaartjie vir Vrouedag
R 60.00 R0
Maak 'n Donasie
R 50.00 R0
Kaartjies vir al 2 vertonings (Vrouedag en Jannie Moolman)
Al twee vertonings

Only available here

R 100.00 R0
Total: R0