Gelofteweek
Date: Friday, 8 December 2023 - Friday, 15 December 2023 - Save in my Calendar
Price: R15,00 - R200,00
About this event:
Vanaf 8-15 Desember kuier ons saam soos in die ou dae by die Voortrekkermonument. Jy hoef nie al die pad see toe te ry om ""uit die stad"" uit te kom nie. Kom doen sommer jou kersinkopies by ons Mark op die plein of Kersmark wat elke dag tydens die Gelofteweek uitstal of wandel deur die liggietuin.
Dit is 'n fees vir alle Afrikaners, van groot tot klein, met kuierkonserte, jongspan-aktiwiteite, lekker kos en programme om jou touwys te maak.
Bring die hele familie en al jou vriende en kom ervaar Afrikanerkultuur en gasvryheid op sy beste. Die volledige program van die week sal binnekort volg.
Vir meer inligting of vir enige vrae, kan die Voortrekkermonument gekontak word by (012)
326 6770 of by marike@kultuurtuiste.org.za.
BELANGRIKE NOTA - KANSELLASIE BELEID: DAAR SAL GEEN KAARTJIE KANSELLASIES AANVAAR WORD NIE