Buy Tickets

Jakkie Louw sing vir Pierneef

Date: Friday, 24 July 2020 - Sunday, 26 July 2020 2020-07-24 19:00:00 2020-07-26 20:30:00 Africa/Johannesburg Jakkie Louw sing vir Pierneef Jakkie Louw sing vir Pierneef Virtual Show - Jakkie Louw's YouTube Link Jakkie Louw sing vir Pierneef tickets@plankton.mobi

Price: R 75.00 - R 100.00

Venue: Virtual Show - Jakkie Louw's YouTube Link View map

  • Doors open: 19:00
  • Show Starts: 19:00
  • Show Ends: 20:30

About this event:Jakkie Louw bied op 24 Julie 2020 'n spesiale virtuele konsert ten bate van Laerskool Pierneef.
Jakkie het geen bekendstelling nodig nie en sy talente ken geen perke nie. Kom beleef hom in jou sitkamer, by jou braaivleis vuur of enige plek in die wereld en kuier 'n "Rambo uit 'n bos uit" terwyl hy sy bekendste treffers sing en sy stories vertel.

As 'n ekstra bonus gaan Jakkie die verhoog deel met die ongeloolflike vioolspeler, Johan Scheppel, wat beloof om die geleentheid in 'n unieke belewenis te omskep met die manier waarop hy met sy viool kan toor.

Laerskool Pierneef is bekend as die klein skool met die groot hart in die Pretoria Moot gemeenskap. Die COVID-19 pandemie het veroorsaak dat die Laerskool nie een van sy jaarlikse fondsinsamelings kon hou nie, maar Jakkie Louw het tot ons redding gekom en ingestem tot 'n virtuele vertoning op Laerskool Pierneef se gronde. Hierdie sal 'n eerste wees vir 'n laerskool.

" 'n Hoender wat nie kekkel nie, se eiers smaak nie lekker nie & 'n laerskool sonder rande steek sy kinders in die skande."

Die fondse gaan aangewend word vir opknapping van skoolfasiliteite en algemene instandhouding sodat 2021 se nuwe leerders ook kan uitsien om hulle skoolloopbaan by 'n spoggerige en netjiese laerskool te kan begin.

Sonder om jou verder te oorreed met 1 miljoen woorde, nooi ons jou en jou Voshaarnooi met julle 3 pikkewyne om die aand saam te kom geniet...

Pierie Groete!

Ticket Type Amount Price per ticket Sub Total
Early Bird special for two weeks or 7 July 2020
Early Bird
R 75.00 R0
Normal price up to 26 July 2020
Normal Price

Opening Soon

R 100.00 R0
Total: R0